Ai ons mensdom kan darm onverantwoordelik wees. Goed bedoel, maar the road to hell is paved with good intentions.

Gee n geldjie vir die armes en God sal jou seën……. Wat n blatante arrogante leun! Wie dink jy is jy tannie? Wie het jou die reg gegee om God se seën so willy nilly uit te deel? Het jy regtig aanspraak daarop? Hoe kan jy sommer so namens Hom beloftes maak? En ons sien dit oral. Politikuste is vreeslik lief om geloof as n slaan stok EN sak sweeties te gebruik. Want as jy geldjie gee kry n sweetie, maar as jy nie doen nie, moet jy mos nou skuldig voel….. Selfde met bedelaars op straat en kar wagte ook. Gee geldjie vir seën. Ek dink nie daai winkel bestaan waar jy seën kan koop nie. Ja God het elke mens en dier en creature en plant onverdiend lief, maar Hy kan seker self besluit wie verdien om seën te ontvang? Dis tog Sy seën om uit te deel aan wie Hy wil, wanneer Hy wil?

En hoe weet jy as jy so iets belowe, dat daai ou wat jou Facebook lees nie dalk op die draad staan tussen Christelike geloof en atheism nie? Dan gee hy sy geld, en wag nou vir sy seën. En as dit nie kom nie, besluit dan God bestaan nie. En hoe lyk God se seën? Jy belowe dit dan nou. As jy n produk in ruil vir geld belowe is daar mos n goeie description en prentjies by van wat jy verkoop? Daai ou besluit dalk, en dis gewoonlik so, dat die seën wat hy gaan ontvang vreeslik baie geld is. Want in God se bank belê jy mos R10 en kry R1000 terug…….

Dis nie hoe dit werk nie!!!!!!!!!!!!

Ja jy moet gee. En ja God verwag dit. Maar Hy het nerens beloof om geld daarvoor te gee nie. Hy sal seën gee wanneer Hy wil, en in die vorm wat Hy besluit! Jy moet juis gee en uitdeel omdat jy DANKBAAR is vir wat Hy REEDS vir jou gegee het. Soos bv n lewe?!?!?!?!?!?

Dan hierdie aanstuur/share boodskappies op Facebook en WhatsApp en sms. Dit maak my woedend!!!! Hoe is dit nou n judge of ek glo of nie? Type amen if you believe….. Of share if you agree…… Of stuur aan 80 000000 mense binne 0.2 sekondes en God sal jou gee waarvoor jy vra…… Ek gaan eerder nou my bek hou en gaan werk, want my bloeddruk gaan dit nie hou nie…..!!!!!!!

Ek belowe niks, maar hoop vir jou n mooi naweek!

Xxxxxxxxx