Ek het hierdie reël vir my 2 seuns geleer. Eintlik vir hulle gesê dis die wet. Dit het begin toe die kleintjie, hys 4, vir my oppad huistoe van die skool af vertel het hy gaan met Lienke trou. Sulke goed freak my heeltemal uit, en dis waar die wet toe nou vandaan kom. Die ander een is nou 10, en n regte klein snip deesdae, en natuurlik is daar toe nou n boek vol vrae wat gevra word. Ek het verskonings en stories uitgedink vir n vale, en dis toe nou waar dit bly. Dit was nou al maaaaaaande terug, en ek het al vergeet daarvan. Maar gister aand vra die kleintjie my: hoe oud is mamma? Ek sê toe 30. Hy spring op en wees vreeslik bly, want nou mag mamma trou!!!! Hahahahahahaha.

Die Lienke storie was eintlik vreeslik cute shame. Mamma ek en Lienke gaan trou. Hoekom? Want sy het so gesê reken hy my. En waar gaan julle bly? By Lienke se huis, want haar mamma is nie so kwaai nie, en sy het 2 beddens op mekaar en ek het net een. En my kamer is blou met spiderman, en dogtertjies bly nie in n blou kamer nie. Ek vra toe nou wat van jou? Gaan jy nou in haar pienk kamer bly? Mag seuntjies in pienk kamers bly? Nee haar kamer is pers, en dis nie so erg nie. Ek dink nie my maatjies sal my spot nie. O ja, en ons sal n kat moet kry. Ons het net 2 honde, en Lienke hou van katte. Ek vra toe nou wat as Scotty die kat byt? Nee hy sal gaan hoor….. Die volgende middag het ek al vergeet, maar hy duidelik nie! Want eerste ding toe ek hom gaan haal, reken hy my: mamma as ek en Lienke trou né, sal Scotty en Diedie by ouma om die plaas moet gaan bly, want hulle gaan vir Lienke se kat byt. Die 2 het gepraat, en hy het vir haar gesê dis nie fair dat hy net in haar pers kamer gaan moet bly nie, so hulle sal een week by haar huis bly, en een week by ons, maar dan moet haar kat saam kom. Ek speel toe nou maar saam, want lyk my die storie is vir hulle vreeslik interessant, en dalk kan ek hom n paar dinge leer. Ek stel voor hulle moet maar hul eie huis kry, en dan kan die kat daar bly, en hulle moet dan saam besluit oor watter kleur die kamer moet wees en so, want mens moet kan compromise. Mamma en pappa bly ook nie by ouma hulle nie, en die wet sê as jy wil trou moet jy 30 wees, en in jou eie huis bly. Hy is toe weer skool toe die volgende dag, en het steeds nie vergeet van die trou storie nie. Daai middag reken hy my hulle sal maar n klein plekkie kry, want Lienke kannie n groot huis skoon maak nie, en hulle kamer sal pers EN wit wees, want hy kan met wit saamleef, en dan mag hy die banke in die sitkamer kies, en n grooooooooot tv kry. Sy mag haar kat saam bring, en hy mag ook dan n kat kry. Nie n hond nie, want sy is bang vir honde. En hy sal vir ons kom kuier en dan met die honde speel. Maar hy wil nou eers weet oor hierdie wet wat sê jy moet 30 wees, want Lienke sê haar mamma en pappa is getroud toe hulle 23 was…….. Ek dink vinnig en sê toe ja jy mag vroeër trou, maar dan moet jou ma en pa teken by die dominee dat hulle toestemming gee. En ek sal dit vir hom doen, maar net as hulle eers 25 is, en nogsteeds met mekaar WIL trou. So is die week toe nou om, en oor die naweek praat ons nie weer daarvan nie, en weer vergeet ek van dit. Kom maandag, en boetie is heel vrolik toe ek hom gaan haal. Toe ons ry reken hy my weer: so as ek en Lienke nou trou né, moet ek asb n pers pen koop om te teken dat hulle mag trou, en daar moet glitter ook wees. Pers glitter. Want Lienke hou van pers, en die troue gaan pers en glitter wees, want hy het gesê dis orraait, want dan mag hy kies watter kleur bakkie hulle gaan kry. En die troue is net een dag, al is dit pers, maar hy moet elke dag die bakkie ry. N bloue. Ek peper hom toe met vrae oor wie gaan skoon maak, aangesien Lienke dit nie like nie, en waar gaan hy werk om als te betaal? Ens ens. Daar gaan toe n paar middae verby, en hy praat nie weer oor die trouery nie, en ek onthou toe ook eers n paar dae later. Hoorie boetie, gaan jy nou nog trou? Nee sê hy. Hulle het besluit hulle gaan nie meer trou nie. Want die girl sê sy wil nie gaan werk nie, sy wil by die huis bly saam die kat en die baba, en hy sal ook nie kan werk nie, want hy sal daar moet wees om haar te help met die baba en skoonmaak en kos maak en als. Geld moet hy maar vir my vra, want mammas en pappas moet mos sorg. Hy het toe vir haar gesê dit gaan nie werk nie, want ek gaan dit nie doen nie, en hy wil ook nie elke dag by die huis bly nie, want dan moet hy sy skool los, en hy like sy skool baie. En mamma het mos gesê die wet sê hy MOET matriek in die skool doen, en dan gaan universiteit, en Lienke kan dan nie alleen hier bly nie……..

Ek was soooooooo trots op die klein mannetjie hoor!!!!! En hy was ook nie eers hartseer nie. En ek karring ook nou nie verder nie…….. Daai sleeping dog kan nog vir baie jare slaap!!!!!!

Mooi dag,

xxxxxxxxxx