Eendag as ek groot is, wil ek genoeg geld hê om my Pa se paspoort te koop. Die man moet nou huistoe kom man.

Ek weet ons almal dink ons eie pa is die beste, en so, maar myne is regtig! As almal maar net n pa kon hê soos myne, was ons samelewing baie beter. My pa is n super hero.

Daar is mos daai engelse verhaaltjie van die 2 broers: Die een is n moerse suksesvolle besigheidsman en liefdevolle gesinsman, en die ander n skobbejak wat suip en sy vrou panelbeat. En hulle altwee se antwoord op hoekom hulle lewe uitgedraai het soos dit het, is “With a dad like mine, what do you expect?” Nou my pa is daai eerste een.

My pa het n baie harde childhood gehad. En as gevolg daarvan het hy belowe dat sy kinders beter sal hê. En ons het! Ons is 3. Een seun en 2 dogters. Ons almal al oud en getroud en redelik grys. En my pa en ma is steeds getroud, wat in vandag se dae nogal skaars is.

Nou kyk, my ma en pa is die mense wat die hardste gewerk het, hul lewe deur, wat ek nog ooit gesien het. Hulle is als behalwe bedorwe brokkies wat geërf het, of hulp van hul ouers af gekry het. Alles wat hul het, het met bitter harde werk en baie gebed gekom. Dis ook die mense met die slegste bad luck wat ek in n lang tyd gesien het. My pa sê altyd: as iemand n sak vol cash checks in die lug gooi, sal hy die dagvaardiging vang. En dit is so! Hahaha! Maar selfs met al die moeilike tye, het hy nog nooit sy sin vir humor verloor nie. Dankie tog, want hy is die funniest mens wat ek ken!

My pa werk nog altyd weg van die huis af. Aan en af, maar die grootste gedeelte weg. Ek is so dankbaar vir my ma, want sy is seriously n yster vrou, want selfs  met die dat pa so baie weg was, het sy ons groot gemaak, en steeds baie suksesvolle besighede (meer as een) bedryf. En terwyl my pa so baie weg was en hulle altwee so hard gewerk het, het ons nogsteeds ongelooflik baie by hulle geleer, en steeds n baie close verhouding met altwee. My pa is nou al omtrend 11 jaar in Afrika. My Ma hier op die plaas. Hy sou net vir n paar maande gaan om die bestuurder van die myn aan daai kant bietjie touwys te maak, maar dit het toe nou nie so uitgewerk nie….. Hy werk nou maar daar tot hy aftree. Dan sal hy verder kom werk hier op die plaas, want ma het baaaaaie dinge wat moet gedoen word. Hehehehe. Maar tot dan gesels ons so gereeld ons kan op WhatsApp, en laai die kleinkinders se fotos en dinge op Facebook en byt nou maar vas tot hy kom kuier. Dit gebeur so 3 keer n jaar vir n naweek, en Desember darm amper n maand. Dis nou weereens een van daai blerrie dinge wat ek netnie verstaan nie. Ek besef deesdae dat daar baie min dinge in die lewe is wat ek wel verstaan. Daar is so baie pa’s wat eintlik regte assholes is, en maar eerder in die buiteland moes wees. Want hul doen meer kwaad as goed by die huis. Maar n awesome pa soos myne, hy moet mos nou doer ver sit!

Dit klink seker asof ons vreeslik bitter is, maar eintlik nie. Ek verstaan dis nou maar hoe dit is, en dis nie wat een van ons wil hê nie, maar dis buite ons beheer. En om te sit en moerig wees oor hoe unfair dit is, gaan niks verander of help nie. Dit maak net dat die tye wat ons wel almal saam is, soveel meer kosbaar is! En my pa is steeds n huge figuur in ons almal se lewens. Want niemand hoef te wonder oor hoe hy oor ons voel nie. Ons WEET. En hy is DEEL. Ek dink dis nou maar net hierdie tyd van die jaar wat die verlange hoog loop, en ons uitsien om net bietjie te rus en lag en relax. MET my pa hier natuurlik.

Hy kom kuier volgende naweek, en dis altyd so moeilike ding. Want omdat hy so min kom, wil ek natuurlik jaag soontoe die oomblik wat hy op die plaas stop, en daar wees tot hy weer ry, maar wanneer het hy en my ma dan kans vir mekaar. En hulle is virseker sonder twyfel die poster people vir die perfekte ouma en oupa, en as die kinders daar is, gee hulle 180% aandag aan hulle.  Die vorige keer wat hy kom kuier het, het ons gaan groet, en toe verdwyn tot die aand voor hy weer moes ry. Ek kon sien dit het ma en pa sooooooo goed gedoen! Projekkies op die plaas gedoen, en dorp toe gegaan, en kans gekry om SAAM rustig te wees, want gewoonlik is sy naweek hier net n moerse gejaag, en haarfyn volgens n skedule uit beplan, om net die nodigste gedoen te kry, en steeds tyd saam almal te spandeer. Maar laas keer toe ons Sondag aand gaan koffie en groet, kon ek sien hulle is rustig en gemaklik en ontspanne. Genoeg tyd gehad om te sê en te doen en hardloop en werk en als voor die kuiertjie weer op is. Ek dink ons moet weer so maak. Want Desember is n duikrol ver, en dan kan ons die kinders daar gaan dump, en elke 2de aand gaan kuier en soveel daar lê dat hulle gatvol raak vir ons. Hehehehe. Maar vir nou, nou moet ma en pa eers weer bietjie op die stoep kan sit en koffie drink sonder 10 ander stemme wat in chip en toertjies doen vir aandag. Ek dink daai ding.

Mooi braai dag vir die bliksems wat nog die tyd van die maand geld het vir braai! Hehehehe.

Xxxxxx xxxxxx