‘N Juffrou kan darem maar ‘n awesome ding wees! Ek onthou tot vandag toe my graad een juffrou. Sy was so sag en mooi en dierbaar. Altyd vriendelik en altyd aan my kant. Aan ons almal sin. Juffrou Van Loggerenberg, met die lang donker hare, wat net lang rokke gedra het. Dit was die lekkerste lekker om in haar klas te kon wees. Ek glo nogsteeds dat sy iewers verskriklik baie geld gewen het, en skreeu gelukkig is! (Ek hoop so) Ek was so geseënd om haar te gehad het, en weer een soos sy, later in ‘n ander laerskool. Juffrou Erasmus. Wat ‘n fees van ‘n mens! Haar klas was die grootste treat! En ek was geseënd om 2 vakke by haar te kon kry. Afrikaans en Geskiedenis. Dit was die hoogtepunte van die dag, en week, en kwartaal en jaar. Ek onthou so vaagweg die ander klomp klas-gewers ook, en hoe sommige van hulle regtig eerder nie met mense moes werk nie, om nie eers te praat van kinders nie……. Maar daai 2, onthou ek soos ‘n favourite movie moment. Elke uitrusting , haarstyl, parfuum, manier van praat, hand-gestures, die works!

Ek wens onderwysers het besef hoeveel mag hulle het oor elke kind, oftewel mens, wat in hulle klas sit. En hoe massive impak hulle het. Wens hulle kon weet, dat 1 periode in n wenner-onderwyser se klas, dalk die enigste halfuur in daai kind se hele dag is, wat nie ‘n nagmerrie is nie. Dat daai halfuur net soveel ‘n drug is, as wat cocaine of whiskey is. An escape out of reality. Dis mos hoekom mense dit doen. ……

Ek wens onderwysers het besef dat dit wat hulle van hul menswees aan jou wys, baie belangriker is as die vak wat hul aanbied. En dat dit lewenslank by jou bly. Jy dit altyd sal onthou en saamdra. Die wow van hulle.

En ongelukkig ook die ander kant van die coin. …..

Ek voel vanaand soos ‘n failure. Voel so magteloos. Want ek mag nie ‘n onderwyser se neus breek nie. Ek mag nie ‘n skool afbrand nie. Ek mag nie ‘n bakkie-vrag vol paplepels op ‘n klomp wettertjies se gatte gaan breek nie. Maar wat mag ek doen? Wat MOET ek doen met hierdie kwaad en rage en hartseer in my?!

Hoe vertel ek vir my graad 2 dat alles ok sal wees, as hy dag en datum vir my vertel hoe die juffrou op hulle skree. Hoe laai ek hom af by die skool met trane in sy en my oë, omdat dit die aakligste paar ure van sy dag beteken. Hoe bemoedig ek hom as sy gunsteling deel van die skooldag is, om pouse ‘n plekkie te kon kry waar hy alleen kan wees. Vir ‘n paar minute voor ‘n groep kinders hom vind en op een of ander manier afknou. Ek weet nie meer nie. Regtig, ek het nie ‘n clue nie. En my hart is nog meer stukkend, vir my graad 7. Wat dieselfde goed gesê het. En ons dieselfde deur gemaak het. En ek het nie ‘n ander laerskool keuse vir hulle nie. En dit breek my nog meer as ek dink aan my ligpunt juffrouens, wat al daai die moeite werd gemaak het, en al juffrou wat hulle onthou en steeds verlang, is hulle graad 0 juffrou. Kleuterskool.

Hulle het darm 1 so ‘n wen-juffrou gehad. En as ons verby haar kleuterskool ry in die dorp, sê my graad 7 elke keer,  klokslag, ek mis juffrou Evette. Kan sy nie maar laerskool ook gee nie?    ……..

Hoe gebeur dit, dat slim, middelklas, goed gemanierde kinders so deur die krake val? Kinders wat se boeke altyd betyds oorgetrek is. Wat altyd netjies aangetrek is, en hare gesny is. Wat al hul skryfbehoeftes het. Wat hul eie kosblikke het elke dag. Wat se huiswerk gedoen is. Take betyds in is. Wat se punte nog nooit onder 75% was nie. Hoe word hulle net geïgnoreer, en uitgesluit? Vir die wolwe gegooi word?!

Ag my hart is sommer net stukkend vir my kinders. En en my brein is te klein om hierdie te verstaan. Hoekom wetgewing vereis dat alle kinders skool moet deurgaan. Dis net hartseer.

Ek het myself probeer troos daaraan dat hulle elke dag kan huistoe kom, waar hulle veilig is. En bederf word. En kinders kan wees. Maar die 6.5 ure elke dag daar……. die troos is nie meer n kansellasie nie. Nie as ek die geblusde vlammetjies in hul moet sien nie. Nie as enige van my moed inpraat, meer tel nie, want ek glo dit self nie meer nie. En ek kan nie eers imagine hoe voel die kinders wat by die huis ook nog hel moet deurgaan nie. Wat doen mens met al hierdie emosies?

Ek weet nie……..