Ek het gister vir die eerste keer hierdie jaar ietsie gepost, en dis ook die eerste post in n baie lang tyd. En deur die dag, kry ek toe elke dan en wan ‘n email notification van iemand wat dit ge”like” het of n kommentaartjie gelos het. (Wat ek verskriklik waardeer, julle is awesome!) Nie net op gister se storie nie, maar ook op van laaaaaank terug se goed. Goed wat ek nie eers meer kan onthou nie, en ek besluit toe gisteraand om al my ou plasings weer te gaan lees……

Mensig, maar dis vreemd! Ek het heerlik gegiggel vir myself, en verseker lekker gelag ook, want funny bly funny. En vreeslik gehuil as ek die seer goed lees en verlang….. Ek onthou weer alles waaroor ek geskryf het, en hoe ek gesukkel het ens, maar ook baie skaam gekry. Ek het nie besef hoe baie ek verander het nie! Dis skokkend! Hoe ek dink, wat ek sê, hoe ek voel en hoe ek praat…………………. alles het verander! En natuurlik die liederlike spel en taal foute…….. ai jai jai.

Ek het dit oorweeg, sterk oorweeg, om ‘n paar posts te delete, en ander te edit. Maar sal dit reg wees? Defnitief nie! Wie ek was, kan nie verander word nie, so wat sal die punt wees om dit te probeer edit? Ek KAN niks verander nie, en ek WIL ook nie. Dis die lewe. Ons almal het ons BC (Before Christ) lewe/jare, en ons lewe na God alles kom verander het. En in my geval 2 keer. Altwee ewe belangrik, al stry die Ds met my…….

Eers het bekering gekom in 2013, en die eerste stel verandering het gekom. Beyond awesome! Maar toe kom Gees vervulling einde 2017. En man oh man, verander dit nie net ALLES nie!!!! En dit het vir my gebeur op ‘n Bambie vroue kamp. Toe ek gedoop is. Waarmee Ds ook met my stry…….

Maar aaaaaaanyway, ek wil net sê sorry vir die lelike taal wat ek gebruik het in vorige posts. En die vreeslike donker sarkasme…………… my oë rek self, so relax tannie, ek sal nie weer daar gaan nie 😉 Pyn maak jou ‘n psycho. Feite. Maar ek is nou gesond, en pyn vry na 15 jaar, so ek kan weer fokus. Prys Die Here!

My opinie oor baie dinge wat ek al geskryf het, het soos dag en nag verander! Maar ek wil dit nie verander nie. Ek sal wel ‘n paar stukkies weer re-visit en n paar regstellings plaas in ‘n nuwe plasing/skrywe, maar ek gaan niks verander nie. Want om te verander kan ek nie. Maar Die Heilige Gees, daai is Sy werk en ek gaan nie daar krap nie. As jy verstaan wat ek bedoel. Hy weet wat Hy doen.

Ek skryf later weer, en dan begin die nuwe management. Die nuwe, skoner, mooier, maar steeds funny, management.

 

Lekker Vrydag! Geniet hom! Jy het Januarie gemaak, so check Februarie! It’s gonna be fun!

xxxxxxxxxxx