Nou hierdie is mos nie iets waaroor ons moet praat in die publiek nie. Dis soos skelm rook en politiek gesels. ‘N staatsgeheim………… Dit laat mense opstaan en loop by die braai op ‘n Saterdag……

Aaaaaaaaag nonsens man! Ons sal geken word aan ons vrugte. En geen vrug, is gelykstaande aan so ‘n geheime vrug. En wat doen jy dan nou eintlik?! Net mooi boggerol. Mense moenie wonder wat jou geloofsoortuiging is nie, hulle moet WEET.

My geskiedenis met kerk en kerke is maar all over the place…….. en daarom is ek sooooooooo dankbaar dat een spesifieke kerk, nie die enigste kerk is nie, en dat almal wat Jesus Christus bely en volgens Sy Woord probeer leef en preek, ‘n regte kerk is. Maar net soos wat ek al mense ontgroei het, en klere ontgroei het, en besig is om my club-cab bakkie te ontgroei…….. So het ek ook al kerke ontgroei. Want ek het meer nodig as wat daai kerk op daai spesifieke tyd kon/kan bied. En mens bid mos oor die saak, en vra waar jy hoort, en moet wees. En daarom is ek so dankbaar ek was by ‘n sit-stil-en-moenie-hard-smile-nie-die-ou-ooms-wil-slaap-kerk gewees vir ‘n goeie klomp jare, want mens het nodig om roetine en orde en Bybel kennis te leer. En sulke kerke preek enige siel in bekering in. Net jammer dit stop dan daar, want die Ds glo jou nie as jy sê jy is wedergebore nie……………….. Well, sommiges van hulle 😉 En ek was meer as tevrede daarmee. Dis mos kerk. En kerk is godsdiens. Preek ‘n bietjie, sing ‘n liedjie, gooi ‘n tikie, en daar gaat jy. Kerk/godsdiens =done. En dis mos everything you need to know…………………. Toe nou nie ! ! !

Ek het tot bekering gekom in 2013. Alles het verander. My man so 6 maande voor my, en ons lewens het begin lyk soos regte egte kerk mense. Dit was awesome! Ek is ewig dankbaar dat Jesus ons soooooooo onverdiend kom omhels het, en gefix het, en my bek het heeltyd oop gehang uit verstomming vir Sy goedheid. Die lewe was nog steeds die lewe, en die klippe rol maar steeds in jou pad in, maar jy hanteer dit anders. Voel anders. Dink anders daaroor. En Jesus hanteer soooooo baie namens ons, en Hy lei jou gees om anders op te tree en te reageer.

Ek het nie gedink dit kan enigsins beter raak nie, want dit is awesome om n pad saam met Hom te stap. En alles wat ek Sondag vir Sondag in die kerk geleer en gehoor het, het net bevestig wat ek reeds besig was om te beleef, en ek het vrede en kalmte gehad. Hierdie is reg, en cool, en ek het dit vreeslik geniet! Daai innerlike joy wat jy nie kan beskryf of verduidelik nie, want dit was nie altyd daar nie………….. Ja dit. En ons is, oftewel ek, is geleer dat jy moet bekeer, wedergebore word, en dan is jy reg! En dis waar. Niks daarmee fout as jou Ds dit preek elke Sondag nie. Elke Sondag. Elke keer. Elke. Sondag…. Want dis wat eerste moet gebeur. Jy moet besef hoe rotten jy is, en dat jy reguit, one way, oppad is hel toe. Maar ook geleer word dat jy ‘n keuse het. Om dit te erken, en te besef, en regtig jammer te sê. En jammer te doen. En Jesus se ongelooflike, huge, massive, opoffering te sien, te erken, en te vra om deel daarvan te wees. Bekering is great! Beste belegging wat jy ooit sal maak! Enigste een wat jy MOET maak.

Maar dis stap een. En dit het ek nie geweet nie. Nee, niemand het my dit vertel nie. Ds sê hy het al daaroor gepreek, maar ek was of nie daar daai spesifieke Sondag nie, of dalk het ek nie mooi opgelet nie. Ek weet nie. Maar die 110 preke oor bekering………. daai het ek gehoor! Maar anyway, maak nie nou meer saak nie. En as ek mooi daaroor gaan dink is dit my eie stupidity, want die God wat ek lief het, is nie so “klein” nie. Die begin en einde van jou geloofs-paadjie is nie bekering nie. Dis net die begin.

Die awesomeness begin op n nuwe level as jy Gees vervuld word. Man oh man! Ek kan nie vir julle sê hoe huge dit is nie! Daar is nie woorde om dit te beskryf nie. My Gees vervulling het gebeur op my eerste Bambi kamp. Vrouekamp. Toe ek gedoop is. En ook genees is van die MS monster. Dit was die omdraai punt/naweek in my lewe. Want onthou, ek was toe al n bekeerde wedergebore kind van God, en ek het na die kamp gegaan met baie ander bedoelings as wat ek ontvang het. Ek het nie gegaan om Jesus te ontmoet nie, ek ken Hom mos. Nie gegaan vir Gees vervulling nie, ekt nie geweet so iets bestaan nie. Vir my was dit n laaste kuier en bye sê geleentheid. Want my vriendinne was daar. En ek was klaar. Op. Die MS was besig om te wen. Gaan lees bietjie my Getuienis van 2017 wat ek geskryf het. Dan sal jy beter verstaan. Maar in elk geval, daar kom ontmoet ek vir Jesus op ‘n heel nuwe level! ‘N wow level! En nou is die lewe vir jou pret hoor!

Dis die weirdste ding, want kyk, alles het so vreeslik verander toe ek tot bekering gekom het, dat ek nooit sou kon imagine dat dit kon beter nie?! Maar hierdie is soos om deur n interlink trok te bots, kop aan kop teen 180km/h. Dit ruk alles tot stilstand, en verander weereens so baie. En so vinnig! En aanhoudend. As Die Heilige Gees eers oorvat……. Hou vas, want nou begin ons 4×4. Dis nie ligte boere musiek soos wat ek kerk-kerk gespeel het nie. Oh nee! Dan begin mens operate in die gawes van Die Heilige Gees, en begin Sy opdragte uitvoer. En die lewe word nie net meer n gewag tot Hemel toe gaan nie, dis om n stukkie Hemel elke dag vir iemand anders te gee en te deel. Dis awesome! En om elke dag nog ‘n bietjie Hemel te leer ken. Tussen die wêreld en sy dinge deur, skyn die Heerlikheid van Die Here so kragtig en magtig op jou, dat jy klein breukdele van die Hemel kan beleef.

So as jy ook nie geweet het dat daar iets soos Gees vervulling bestaan nie, gaan sien iemand wat daarvan weet, en vra hom om saam met jou te bid daarvoor. Soos ‘n Pastoor bv.

Moenie my woord daarvoor vat nie, gaan vind self uit! En begin stap 2 van jou God gegewe lewe, tot Sy eer.

Ek dare jou

xxxxxxxxx