Ek het laaaaaaank gelede hierdie raad by my skoonsus gekry, en dit het n baie belangrike leuse in my lewe geword. Waaaaay back when toe my eerste seun net gebore is, en ek regtig gesukkel het om te cope met alles. Sy het gesê, kyk na jou boot 🚢. Net jy kan sorg dat hy nie sink nie……..
JOU Bootjie
Jou boot kan sink op 3 ways:
1. Die water van buite kan inkom. En dit kan gebeur as hy gate kry van buite af. So passop waar jy vaar. JY bestuur. Kyk waar jy gaan. Bid voor jy besluit. Voor jy iewers heen ry. Voor jy op vakansie gaan. Voor jy mall toe gaan en enige iets gaan koop. Selfs voor jy met iemand praat. Of gaan braai. Want as jy die wêreld/aarde se winde gaan toelaat om jou boot te bestuur, is die kans groot dat die wêreld jou boot vol gate gaan skop.
2.  Die water van buite kan inkom deur gate wat van binne gemaak word. Hou jou boot skoon en netjies binne. En bou barriers en boundaries. Vergewe wie jy moet. Doelbewuste regte egte vergewe. Verander jou drome in planne in. En rig jou tyd in om actually tyd te spandeer aan die werk wat nodig is om daai droom waar te maak. Breek bande met slegte donker invloede. Net oor jy iemand al forever ken, sê nie hy het n free ride op JOU boot for life nie. Breek met woede en gatwip. Netnou wip jy jou so dat jy self n gat in jou eie boot skop.
3. Water kan inkom as jy te veel gewig bo op pak. Gewig van help. Gewig van gesels en deel in ander se pyn. Gewig van goedjies doen vir almal. Gewig van luister as ander stront praat. Gewig van alles alleen probeer dra en doen en handle. Weeg op wat iets weeg, voor jy besluit om dit op jou boot te laai. As dit te swaar is….. sê sorry, my boot kan nie hierdie dra nie. Jy is nie n boom nie 🌴. Jy het bene .. hol weg. Jy is nie stom nie…. sê nee. Jy mag. Jy MOET
Want as jou boot sink, is dit JY wat sink. En nie net jy nie, maar jou man en kinders en werk ook. Die goed wat op jou boot hoort. Jy sink, en saam jou al jou verantwoordelikhede ook.
So asb, wees lief vir jou boot. Was hom🛀. Hug hom. Polish hom. En vat hom so nou en dan vir fishing 🎣. En die heeeeeeel belangrikste ❗maak jou boot se atmosfeer vol van ons Here. Speel Sy musiek 🎶. Lees Sy Woord 📓. Kyk Sy movies 🎥. En spandeer tyd saam met Hom. Want jou boot gaan 100% virseker n gat inkry at some point, maar as Hy daar is, maak Hy dit reg, voor jy nog kan vra of worry daaroor. En onthou, ons Skepper is n gentleman. Hy operate net waar Hy welkom is. Hy gaan Homself nie op jou boot dwing nie. Jy moet Hom nooi. Jy hoef nie te smeek nie. Hy wil. Hy love jou! Hy dink jou boot is die awesome’ste mooiste beste boot ever! Net soos hy nou is. En selfs al lyk jou boot so bietjie soos na n fight scene uit n pirate movie uit, en selfs al lê daar al 3m water binne wat al ingekom het. Dit pla Hom nie. Want Hy is die master of damage control. En Hy kannie wag om dit vir jou reg te maak nie.
Hoe lyk jou bootjie vandag? Maak nie saak nie. Check hom môre 😉