Kyk, wat ek weet van bouwerk af is gevaarlik, maar ek is geseënd om ‘n huis te hê waarin ek bly, en ek is geseën met ‘n Pa wat met my gedeel het dat jy eers moet diep grou, en ‘n fondasie lê voor jy kan bou. Die huis wat ons kan sien, is afhanklik van die fondasie onder die grond wat niemand kan sien nie. Daai fondasie gaan maak of jou huis groot en sterk en ewig sal kan staan.

Dis presies hoe ons geloofs-lewe ook werk. Dit wat die wêreld kan sien, en hoe sterk jou geloof gaan lyk vir ander, is afhanklik van wat binne jou aangaan. Jou fondasie binne jou hart en gedagtes, is die maak-of-breek van wat jy gaan uitleef. En dis belangrik, want dit wat mense sien, is God se lig wat deur jou skyn. Moenie dink dis ok as jy weet wat in jou hart aangaan nie. Die mense om jou moet dit kan sien, en wil hê wat jy het. Hoe anders gaan jy n saadjie van geloof in daai ou se gedagtes kan saai, as daar geen teken van God in jou eie lewe wys nie?!

Jy kan nie Maandag foto’s laai op jou Facebook van die naweek se rowwe party, en Dinsdag n prentjie van “as God jou tot hier gebring het, sal Hy jou hierdeur ook help” nie. Nee my pel, maak eers seker dis nie jou eie stupid besluite wat jou gebring het waar jy nou is nie. Want as jy jouself tot hier gebring het, is dit nie God se werk om jou hierdeur te kry nie. Dan moet jy self.  OF jy kan erken (en bely) dat jy op jou eie stoom nie vorentoe gaan nie, maar dieper in ‘n gat in, en jy het Jesus nodig om jou “vorentoe” vooruit te loop en jou te lei.

Nou ‘n huis se fondasie bou ons met bakstene. Hoe baie stene, en hoe sterk jou stene is hang van jou af, en logika sê vir my, dat die kwaliteit van daai stene nogal belangrik is. So ook die stene wat jy gebruik om jou geloof op te bou.

Elke dag het 24 ure, oftewel, 24 stene. Efesiërs 5:16 – “en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” So hoe gaan jou fondasie lyk as jy slegs kerk toe gaan? Of net vinnig bid voor bed of eet? As 1 uur kerk dan gelyk is aan 1 baksteen, wat is n paar minute se gebed dan? Sand of kwart stene? Hoe groot gaan jou koningkryk in God lyk as jy net op +- 5 bakstene per maand bou?

Om jou fondasie ordentelik te begin bou is regtig net so moeilik soos jy jouself vertel dit gaan wees! Begin bid. Baie woorde is nie nodig nie, jy is nie n geveinsde nie. En lees jou Bybel. En moenie daai nonsens glo wat mense kwytraak nie. Die Bybel is dalk dik, maar hy kan virseker uit jou kop uit geleer en onthou word! Begin solank! Elke boek is n movie op sy eie. En as jy nie weet waar om te begin nie, begin by Jesus. In Mattheus. Want ons verlossing het gekom toe Jesus vir ons gebore is. En as jy n stuk gelees het en nie verstaan nie, lees hom weer! Of gaan Google. Daar is so baie video’s en preke op die internet. Ek stel voor jy gaan kyk een van Daru De Wet se preke op YouTube. God praat so duidelik deur hom. Die internet is dalk oorheersend boos, maar die internet kan awesome wees ook! Gaan loer bietjie na die 2 manne. Jy gaan baie lank besig wees!

darudewet.com daru

http://www.youtube.com/channel/UCxiEtqPja47nnqsJNrdOIQQimagesKent Hovind

 

Bou hierdie jaar meer as wat jy laas jaar het aan jou fondasie.

Mooi dag,

xxxxxxxxxxxxxx