Ons was vanoggend by die plaas wag se jaar eind funksie. Dit was heerlik om tussen al die vriendelike plaas mense te kuier en gesels, terwyl die kinders swem en geskenkies van kersvader af kry. Lekker om tussen mense te wees waaroor jy nie hoef te wonder nie, want jy weet hulle almal glo in God. N Oom vertel nou die dag die grappie: “Hoe weet jy of iemand vir Jesus ken?” Wel, jy vra hom! Hehehehe. Wanneer laas was jy in n vertrek vol mense, waar jy weet elkeen aanbid jou God? Wat n blessing!

Maar wat vir my sad was, was die vraag vanaf een van die vrouens tydens die vergadering. Hulle het gepraat en besluit oor die nuwe naam borde wat jy by jou plaas se hek op sit om te wys jy is deel van die plaas wag. Sy vra toe, en dis seker n valid vraag, MOET jy die bord opsit? Maak dit jou nie n target nie? As jy voor op jou plaas, waar almal dit kan sien, n bord opsit wat sê jy behoort aan n plaas wag, maak jy dit nie soveel makliker en meer aanloklik vir n pes om jou te kom aanval nie? Of n “land claim” te kom insit vir een of ander bogus rede nie? En sy is reg. Jy doen. Want jy basuin mos nou uit aan die broad public dat jy n afrikaans sprekende en heel waarskynlike wit boer is. Maar……. gaan jy opstaan, en dit wat jy is en deel is van adverteer, of gaan jy eerder jou bek hou en stil bly en hoop jy val deur die krake en word nie gesien nie?!

So gaan dit presies in ons geloofs lewens ook. Ons maak daai keuse. Gaan jy vir die broad public verkondig dat jy n Konings kind is, en opstaan vir Hom, en jou hand opsteek en erken aan almal en alles dat jy in God glo, en heel moontlik jouself n target maak vir bose aanvalle en versoekings? Of gaan jy maar eerder stil bly, en maar net by die huis, as niemand kyk nie, gou 3 versies lees en n rehearsed gebedjie aframmel?

Hoekom is ons so bang? Van wanneer af is dit die norm dat ons eerder saggies wegkruip en verdwyn, eerder as om golwe te maak? Is dit omdat plaas aanvalle ewe skielik so baie is, en ons toe gegooi word daarmee in die media? Let me tell you, dit was nog altyd real! En dit gaan 10 teen 1 ook nie vandag ophou nie! So van wanneer af is dit ok om eerder bang te wees, en te skrik?

Dieselfde in ons geloof. Hoekom getuig ons nie meer van God se Almag nie? Hoekom verkondig ons nie meer van die wonderwerke wat Jesus in ons lewens doen nie? Waarvoor is ons bang? Is dit omdat jy self te min kennis het oor jou Bybel, en daarom eerder niks sê nie, want netnou vra iemand wat nie glo nie n vraag? Of bly ons stil oor ons nie wil betrokke raak nie? Of oor ons bang is ons offend iemand?

Wie kry die meeste aandag? Wie kry die meeste advertensie? Die een met die grootste bek. Wie se video’s word die meeste gekyk en geshare? Die ou wat sê wat meeste te bang is om hardop te sê! Sad but true. En in ons land kry die klomp wat moord en roof en alles vieslik promote, die meeste screen time, want hulle praat hard, en hulle praat baaaaaaie! En wat maak ons? Ons bly stil, want ons wil nie n target word nie. En n klompie jare gelede was dit seker die regte ding om te doen, want ons is geleer om ordentlik te wees. Maar van al die stilbly……….. sit ons nou in n gemors van n ander  proportion! En Ja, nou kom oral manne op wat ook praat, en ook video’s maak, maar ons is klaar agter. Jy kannie die game wen deur die opposition te copy nie. Ons moet n stappie voor kom!

Jare gelede was dit taboe om hardop te sê jy glo nie in God nie. Of dat jy gay is. En een na die ander het mense dit begin doen. En ons Christene het stil gebly. En van al die stilbly? Nou mag ons nie eers meer in die skool Bybel lees nie. Ook nie meer jou kind se boude warm maak as sy ore toe is nie. Hoekom? Want die ander gelowe en selfs die arme mense sonder n geloof se bekke was groot, en het die samelewing begin overrule met hul sieninge. Nou wil ons mooi boodskappe en liedjies en preke deel, en dis awesome, maar ons moet n stappie voor kom!

Julle wat boer, sal beter weet. As jy onkruid en bossies in jou land kry, gaan jy dit los, tot daar baie is, so baie dat jou groente in die minderheid is, en dan iets wil begin doen daaraan? Of trek jy die eerste teken van n pes sommer dadelik uit, wortel en al? Uit my oogpunt, sou ek die eerste een al op sy plek gesit het, want hy moet mos weet wat is ek bereid om te aanvaar in my land en wat nie, en hy is n nee. Maar wat gemaak as jou land nou klaar oor geneem is? Gaan jy die plaas verkoop en sê: oh well, ons try maar iewers anders? Of gaan jy gif spuit en die bossies, maar ook jou groente vernietig? Of gaan jy van jou gat af klim en die ongenooide onwelkome bossies een vir een self uit trek?

Gaan ons aanhou stilbly, en ons gewete sus deur n ander ou se video’s te share? Daai ou wat baie braaf in sy bakkie sit en baaaaaaaie sê, maar wat presies doen? Of gaan ons van ons gatte af klim, en begin opdaag? Opdaag vir kerk. Opdaag by manne kampe. Opdaag by hofsake. Opdaag vir patrolliediens saam met die plaas wagte? Opdaag deur geld elke maand te gee sodat die boere die kostes kan begin dek van beveiliging? Dis hoe jy die game wen. Dis hoe jy n stappie voor kom.

En begin praat. Nie op jou foon nie, maar van aangesig tot aangesig. Iemand in die oë kyk en sê jy stem nie saam met sy on-geloof nie, WANT, God doen dit en dit en dit vir my! Vrydag aand by die braai jou bek oopmaak en sê jy stem nie saam met die vieslike gepraat en vloek nie. Begin getuig. Praat. Sit daai bord op die hek van jou hart! Sodat een en almal nie wonder nie, maar weet jy aanbid die enigste Almagtige God!

Al hoe hierdie land ooit gaan gesond word, is deur Jesus wat elke siel kom red. One soul at a time. Bereik jy elke dag net een siel, en plant daai saadjie, en dan kyk ons hoe vinnig daai snowball Suid Afrika deur rol! En hou op jouself blind staar aan jou eie vel. Dis net n tydelike ding. Begin bietjie verder kyk as jou neus, en sien iemand anders se hart raak. Because whether you like it or not, daar is n siel binne in daai vel. N siel wat gered moet word. En n geredde siel, gaan nog geredde siel maatjies wil hê! See where I’m going?

Ek dare jou!

Xxxxx