Julle!!! Ek moet eintlik werk nou, maar ek is sooooo excited! Excited om te bestaan! Excited om hier te mag wees. In my klein ou dorpie hier in Suid Afrika! Luister die awesome’ste musiek (Casting Crowns – What if His people prayed *ASB GAAN LUISTER BIETJIE*) En net oorweldig met dankbaarheid. Vir ALLES!

Dit was omtrend n journey deur hierdie jaar. So baie het gebeur. Goed en sleg, maar ons moet mos balans hê. Die Liewe Heer is darm so goed vir ons! Hy het my so baie geleer uit Sy woord hierdie laaste paar weke. Voel of ek meer geleer het nou, as in al my jare voorheen. Geleer wat liefde is. Geleer dat ek geen idee gehad het wat vergifnis eintlik is nie. Want daar staan tog in Sy woord: Mattheus 6:12 “en vergeef ons ons skulde, SOOS ons ook ons skuldenaars vergewe;” Maw, ek jok mos vir myself as ek sê ek het jou vergewe, maar nou sny ek jou uit my lewe uit, maar ek verwag van God om my te vergewe, en steeds my Vader te bly?! How was I this ignorant?! En ook arrogant!

En steeds is ek oorweldig met dankbaarheid, want ek is die geleentheid geskenk om daai besef te maak. Ek het geleer wat dit beteken om lief te hê. En lief gehê te word. Dit is eintlik so maklik as ek net ophou vasklou aan wat ek aan daardie persoon sou wou verander, en hom/haar begin SIEN. Sien vir die siel daar binne. Sien vir die mooi en funny en slim karakter daar binne. Elkeen bring so baie na die tafel toe, en as ek net die pro’s and con’s lys by die venster uit gooi, en die volle prentjie van daai mens SIEN….. Wow! Hoe anders lyk almal en alles nie as ek net bietjie verder as my eie klein wêreldjie en my eie narrow minded neus kyk nie! Wow!

Hier in ons land en op social media nou, is n storm los oor beplande optogte en hempde dra ens vir n veldtog teen plaas moorde. Ons hele land wil swart dra….. Omdat ons in rou gedompel is…. Dit sit my between a rock and a hard place. Want my hart is bitter seer vir almal wat iemand verloor het. *Dit is die rock* En ek verstaan die hele storie rondom hierdie, maar steeds is ek net soooooo excited en bly en hoendervleis en trane om NOG hier te kan wees. Nog hier om te probeer n verskil maak. Nog hier om te kan bid en pleit vir genade. Om te kan bid en baie nederig en mooi vra vir ons boere se beskerming ja, maar ook om te kan bid en smeek vir elke misdadiger se hart. Is dit nie ook beter om vir die misdadigers te bid nie? Prevention is better than cure, so, bid dat God oor daai ou se pad kom. Bid dat sy siel gered word. Want n geredde siel sal nie moord pleeg of steel of aanrand en verkrag nie. NIKS is onmoontlik nie, ons moet net vra, in gebed. Vra vir genesing vir die root cause. En die root cause (in my opinie) is nie ons beskerming TEEN die booswigte nie, maar die harts-verandering van ieder en elk van daai verlore siele. As ons almal en elkeen net vir een van daai arm saliges kan bid. Ernstig en aanhoudend bid……. Ek kan nie dink hoe dit NIE n verskil kan maak nie. A one-on-one gebed, waar ek vir piet pompies (of watookal “sy” naam is) intree en smeek vir sy siel. Dat hy in kontak sal kom met God se woord. Dat hy sal hoor dat hy ook kan en moet ophou met sy streke en dinge. En omdat ek ten volle glo in God se Almag, is ek reeds soooooo excited oor die resultate wat kan/sal kom as elke evil thought gebind word, en elke siel vir Jesus gewen word. Hoendervleis!!! Excitednessssssss!                                            *En dit is die hard place*

Between a rock and a hard place, Want een kant van my is ook in rou vir alles wat so dringend om ons gebeur, maar aan my ander kant vir die moontlikhede wat nog bestaan. En daai moontlikhede kweek hoop. Hoop dat alles een van die dae kan beter wees. Hoop op vrede. Hoop om sonder vrees in die aande jou oë toe te maak. Hoop op die dag wat gevul sal wees met die grootste verligting, want geen plaas is aan geval nie. Hoop op die dag wat ALMAL weer sal smile. Genuinely “lag uit jou maag uit” geluk sal beleef. En daai dag….. daai dag is nie onmoontlik nie.

MAAR…………………….. AS………………………………. DIS waar die moeilikheid kom. Die maar en die as in elke verhaaltjie. AS elkeen n naam van n ongeredde sal neem en opdra aan God. MAAR sonder om weer modder te gooi oor die kleur van sy hemp of vel of what freaking ever. AS ons maar net elkeen kon practice what we preached. “Markus 12:33 ……en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.”

en om die naaste (daai misdadiger) lief te hê soos jouself, is MEER as al die brandoffers (optogte en swart hempies) en slagoffers (obvious). NAASTE LIEFDE IS MEER.……. Dink bietjie hoe baie daai sin sê………..

So: Vergewe REG. Vergewe ALMAL. Want jy moet LIEF wees vir jou naaste. En ja, daai misdadiger IS jou naaste. Hy loop heeltyd in jou gedagtes rond, werk op jou gemoed en humeur, gee vir jou slapelose nagte, en kos jou n klomp geld om jouself te probeer beskerm teen hom. Hoeveel nader aan naaste wil jy hê? Bid vir hom. En wees lief vir, en dankbaar in, alles. Wees, of probeer ten minste, die lig wees. En kry weer hoop! Want sonder hoop, is enige situasie plofbaar en lyk alles donker en swaar. Sonder hoop lyk opgee altyd soos die enigste opsie. Ek het my hoop weer terug gekry. En aan hierdie hoop sal ek vas klou, soos n chappie aan n todler se hare, want uit hierdie hoop spruit soveel vrede en mooi en geluk. Joy. Joy that I WANT to pay forward.

“Filippense 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” Die dood is veronderstel om wins te wees. Ons is veronderstel om bly te wees as iemand dood gaan, vir daai persoon, want hy kan nooit weer versoek word deur die duiwel en sy trawante nie. Nooit weer hartseer of bang of seer wees nie. Hy is waar ons almal nog moet uitkom! Ons is bitter hartseer vir die mense wat agterbly sonder hom/haar, en dis waar ons weer liefde moet bewys. Ons almal bid altyd vir vertroosting vanaf God vir die mense wat oorbly van die slagoffer, maar ons vergeet dat ons die klei in die Pottebakker se Hande is. Ons moet help vertroos en liefde in daad bewys.

Ek was ook op die grond, nie lank terug nie. Depressie is nie n rumour nie folks. En dat elke liewe persoon aan n klein bietjie depressie ly in hierdie land, sal my glad nie verbaas nie. Maar sodra jy weer hoop, al is dit net n bietjie, begin jou oë weer glinster, En n smile voel nie meer soos sonde nie. Ek het my hoop gekry tussen n klomp Christene, by n Bambi kamp doer in Schoemansdal. *meer oor Bambi later* God sê self in sy woord, in “Jeremia 29:11 Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee.” N HOOPVOLLE toekoms. Hoe awesome is dit?! Neem jou hoop! Kry nuwe hoop! Gaan soek daai hoop! En raak opgewonde oor wat hierdie HOOP als kan vermag! Ek dare jou 😉

 

Mooi dag,

 

xxxxxxxxxxxxx