Almal het mos maar probleme in die huwelik. Almal is nog besig om hul share van die sakke sout op te vreet.

Ek en my visserman spot net nou die dag dat ons al ten minste 3 ander paartjies se sakke ook gehad het, en dis tyd dat hulle bietjie finansieel begin terug gee daarvoor!

Maar so hoor ek gereeld vanaf vriende en vriendinne waarmee hulle sukkel met hul ander helfdes. I get it. Ons mensdom het nodig om te vent, anders kry jy niks uit jou sisteem nie. En daarvoor is ek dankbaar. Ons kry kans om by ons hartsmense te rant, en dan af te koel, en met nuwe moed en lus die probleem weer te probeer aanpak en 90% van die tyd…. wen jy hom en beweeg aan. Tot die volgende een.

Maar na daai rant moet ek, oftewel almal wat hierdie “cry for help” moet aan hoor, leer om beter raad te gee. En die beste raad, is geen raad. Luister net.

En dan: Hoe gaan dit met JOU? Is JY op datum met JOU? Buiten die drama wat jou wêreld nou oorheers, is jy gelukkig en tevrede met jouself? Is jy die man/vrou wat jy wil wees? Is jy die ma/pa wat jy wil wees? Is jou geloof so naby aan God as wat jy jou verhouding met Hom wil hê? Want op die einde van die dag, is dit al waaroor jy regtig beheer het. En die oomblik wat jy struweling in jou huwelik het, vergeet jy om na jouself in al daardie opsigte te kyk, en skeep af.

“My man/vrou doen dit en dat wat ek nie kan mee saam leef nie. Of, hy/sy verwag dit of dat van my wat ek nie bereid is om te doen nie.”

No offense, maar wat laat jou dink dat jy jou wederhelf se siening kan verander? Jy kan jou kant stel, en dis dit. That’s it! Om verder oor die probleem of verskil tussen jul te obsess, gaan net bydra tot die atmosfeer.

So, doen wat jy actually KAN doen. En werk aan jouself. Jy het beheer oor hoe jy leef en praat en reageer. Doen wat jy moet doen REG. En vir die res, bid en glo. Sounds too good to be true, en dit klink en voel asof jy dan n luigat is en net los, maar dis regtig egtig al wat jy kan en MOET doen. Dis dit. Bring jou kant, en los die res in God se bekwame hande.

Hou op klein gelowig wees. Ek dare jou 😉.

Mooi dag

Xxxxxx