En so is dit al weer n nuwe jaar, en ek is nog nie eers klaar met 2016 se werk nie. Ai. Maar meer dankbaar, dat verlede jaar verby is, kan ek nie wees nie. Ek kan met n eerlike hart sê dat dit my rofste een nog was. En believe me, daar was al rowwes hoor!

2016 het my baie geleer though. Die grootste les was natuurlik dat assumptions n boggerop is, elke keer! Never assume anything.

Ek het aan geneem dat mense, my mense, bietjie meer geduldig sal wees met my, en minder sal verwag na ek/ons gehoor het van die MS monster. Maar daardie, ai siestog shame kan ek help, hou ook net n klein rukkie. Ek het aan geneem dat mense verstaan dat hierdie n life long ding is, en nie griep wat netnou gaan weg gaan nie. Dit was my fout. Want ek het aan geneem. Ek het geleer dat hierdie my struggle is om te fight, en as ek nie gaan gil en skree en PRESIES sê wat ek hulp mee nodig het nie, dit nie gaan gebeur nie. Niemand kan after all ruik as ek sukkel nie. So, kom winter, is almal wat aanbied, op speed dial….. Want om bang te wees ek pla, as ek ja sê vir hulp, of vra daarvoor, is ek die enigste ass wat voel ek loop teen n baksteen muur vas net om deur die dag te kom. Dis onnodig. So ook die ander kant van die coin….. Moenie my uitsluit of NIE vra vir hulp omdat jy my nie wil pla nie. Ek WIL help. Ek WIL betrokke wees. Want om te assume dat ek te siek is, en jy wil my nie pla nie, maak my struggle net meer lonely. Ek verstaan mense onttrek van n situasie as hulle nie verstaan nie, maar hoe moeilik is dit nou om te vra? Hoorie, ons gaan more middag koffie drink, sien jy kans? Of, hoorie, ons wil kom kuier, maar is jy up to it? Wat is die ergste wat kan gebeur? Ek gaan of ja of nee sê. Thats it. Never assume…..

Ek het aan geneem dat as jy jou dinges af werk, jou werkgewer tevrede sal wees. As jy mos jou kant bring, en jou alles in sit, is dit mos genoeg? Toe nou nie. Ek het verlede jaar ten minste 2 aande tot na 12 gewerk elke week, en amper elke naweek, net om te probeer voor kom, maar steeds was dit nie goed genoeg nie. Ek was permanent in die moeilikheid omdat als nie op datum is nie. Nou dit het my bitter ongelukkig gemaak, want ek is aan gestel met die ooreenkoms dat hierdie net n halfdag pos is, omdat ek 2 ander besighede het wat ook aandag moet kry. Dit was however nooit die geval nie. Al wat gebeur het, is ek het gevoel ek wil myself hang so diep is ek in die strond by alles en almal, oral, oor ek nie by enige iets uitkom nie. Die kantoor verwag die onmoontlike, Die kliente verwag my 5 minute na hulle n bestelling geplaas het voor hul deur, en my salon……. voel meer soos n hobby as iets anders omdat dit altyd aan die laaste speen moet suip. My man is moeg vir my oor ek altyd moeg is. My kinders vee hulle alies aan my af, omdat ek in elk geval oor 2 minute weer kantoor toe gaan hol. Nou daai stop nou. Want wat het gebeur? Ek het myself binne in n moerse relapse in gewerk en gestress, en wie het om gegee? EK. Dis al. So hierdie jaar sal ek steeds my werk doen, maar in die ure wat bespreek en deur altwee partye ooreen gekom is. Hopelik dan, sal ek tyd kry om my ander werke te doen, en ook by my huis en kinders kan uitkom. Ek is gatvol om net deur die dag te probeer kom. Ek wil ook n schedule kan hê waar ek sê van so laat tot so laat doen ons huiswerk, en lees, en speel, en gesels. En nee, ek is nie ondankbaar vir my werk nie!!!!!! As ek n rand kon kry vir elke keer wat ek dit moes hoor…….. Ek is dankbaar vir alles in my lewe, maar iewers moet daar n boundary gestel word van wat aanvaarbaar is, en wat uitbuit is. So oor moeg en oor werk en oor depressief…. eks oor dit! Ek het aan geneem ek is n robot, maar moes tot die besef kom dat ek nie is nie. Never assume!

Ek het aan geneem almal om my het morele waardes en gewetes en common sense. Groooooooot fout. En hierdie is n moeilike een, want ek glo in God. Alles wat Hy in Sy Boek sê, 100%. Ek verstaan nie hoe om anders te dink en leef as volgens Sy reëls en beginsels nie. Ek het aan geneem my mense, doen ook. Maar het met n skok agter gekom, wat eintlik nie n skok moet wees nie, dat van hulle nie enige reëls of beginsels of gewete het nie…… Hoe leef ek nou saam met jou? Dit maak jou n bitter gevaarlike tydbom, en ek het geen idee hoe om jou te vertrou nie. Een dag is als hunky-dory, en ek kry boodskappe dat jy lief is vir my en na my verlang,en later moet ek in n “dis my opinie maar op niemand gemik” blog lees dat dit eintlik n straf en irritasie is om my te sien? Dit maak my boude lam, en ek sal moet leer om nie jou woord as waarheid te vat nie. Ek het assume dat as ek jou aanmoedig en moed in praat en in jou glo, jy my glo, maar jy doen nie. Jy sien my sincere bedoelings as iets duister en agter af, en ek weet nie wat om daarmee te maak nie. Ek het assume jy is opreg, en as jy sê jy is lief vir my, dra dit water, maar dit doen nie. Want om daarna weer te sê ek maak nie genoeg saak in jou lewe om ernstig op te vat nie, maak van JOU n baie lelike mens. Either ek verstaan nie hoe liefde lyk nie, of jy is n blatante leunaar. Shame on you then. En om myself heeltyd te straf met “jy mag nie oordeel nie” vat nie feite weg nie. Ek oordeel nie, ek leer jou ken. Never assume….

Een ding wat ek aan geneem het, en wat 180% waar is, is dat daar tog mense is wat goed is. Nie oor ek hulle iets kan bied, of vir hulle tot voordeel kan wees nie. Hulle is goed omdat hulle goed is. Ek het n handjie vol familie en n bietjie meer maats, en n wonderlike gemeente by die kerk wat so is. Hulle gee om, omdat hulle wil. Hulle ondersteun, omdat hulle wil. Omdat hulle opreg en goed is. Nie uit pligsgevoel omdat ek familie is nie, of omdat ek siek is nie, of omdat ek n jare lange vriendin is nie, maar omdat hulle is wie hulle is. Dit wardeer ek verskriklik in iemand. Wees wie jy is. Moenie voorgee, omdat jou man dit van jou verwag, of omdat jy voel jy moet nie. As jy n wolf is, gooi weg jou skaap klere. At least is jy dan eerlik met jouself en die mense om jou. Want as jy hier kom met jou skaap klere, en MAAK asof jy iets is wat jy nie is nie, glo ek jou! Net om weer die wolf later te sien uit spring. Never assume iemand is goed nie…… Tensy hulle regtig is! Vir hierdie goeie mense in my lewe is ek ontsettend dankbaar! Hulle glo ook, soos ek, in God. En leef soos daar van ons almal verwag word. n Verhouding met iemand wat glo, is maklik en lekker en n plesier, want dis eerlik, en jy weet waar jy met hom/haar staan. Ek hoop met my hele hart dat elkeen wat dit nie in hul lewe het nie, sal wakker skrik. Daar is oral goeie mense, jy moet hulle net aanvaar in jou lewe. Never assume everyone is out to get you……. dalk is hulle maar net goeie mense.

Never assume a quote is just a quote. The road to hell is paved with good intentions…. Dink daaroor. Dis met good intentions dat ek so hard werk soos wat ek doen. Maar hoe maak dit my of die mense wat op my steun se lewe beter? Hoe inspireer ek my kinders om beter mense te wees en nader aan God te leef as ek altyd werk? Hoe is ek n goeie vrou of dogter of suster as ek altyd besig is? Dis met good intentions dat ek kerk toe gaan. Maar hoe help dit as ek die waardevolle lesse wat ek daar leer nie uit leef nie. Dis met good intentions dat ek luister na n vriendin wat kla oor dinge wat haar pla, en probeer ondersteun deur stil te bly. Hoe help dit as ek vir haar kon sê dat sy verkeerd is? Dis met goeie bedoeling dat ek vir iemand sê hulle lyk mooi, maar dis n leun….. Cliche, ek weet, maar dis waar. n Jok is n jok. Net soos wat mense geld en kos en klere skenk aan iemand wat sukkel, net om later weer kwaad te wees omdat daardie persoon nie daarmee doen wat jy wou hê hy moet nie. Daai goeie bedoeling maak van jou n lelike judgemental mens, en hoe goed is die goeie bedoeling dan eintlik?

Ek het aan geneem 2016 was die rowwe een, maar lyk my 2017 het reeds n klomp van sy eie humps om te oorkom. Gelukkig is die veranderinge iets wat ek WIL doen en nie MOET nie.

Mooi Dag,

xxxxxxxxxxxxxxxxxx