Om positief te wees kom nie vanself nie. Moenie dat mense jou strond vertel nie. Dit vat werk. Dit vat inspanning en dink. Dit vat KONSENTREER in elke situasie, want as jy nie gaan konsentreer om positief oor n ding te dink nie, gaan dit nie gebeur nie. Negativity on the other hand, daai kom natuurlik. Dis nou maar hoe mense is.

Ek het vir myself n makliker middelweg gekry. Lag. Humor. Al moet dit soms maar pikswart donnnnker humor wees, wat drip van sarkasme…. Dis orraait, want dis nader aan positief wees as blerrie negatief. Negatief is boring en lonely, en niemand wil dit regtig hoor nie…… Hehehehe. En ek dink negatief se wetenskaplike naam is kilojoules. Maak jou vet. No lies. Its true!!!

Ek vergeet vandag vreeslik. En nee nie vergeet soos waar is jou sleutels of wat jy in die kamer kom soek het nie, daai is mos maar ouderdom. Ek vergeet alles!!!! Soos watter knoppie op die keyboard vee nou weer uit? En hoekom gaan die wekker af? Want jy moet jou kinders gaan haal jou idiot! Nie snooze nie! Vergeet mid sentence hoe om te praat?!?!?!?! En sluk raak n foreign taal ewe skielik, maar voor ek of kwyl op my bors het, of verstik soos n kleuter aan kaaskrulle, onthou ek darm weer die spoeg moet binne toe gaan. En jy moet die groen strepie swipe om die foon te antwoord…… Nie op nie, nie druk nie, en beslis ook nie net optel en praat nie! Dis nie n nommer asseblief foontjie nie, dis n nuwe space age plat ding wat se kop net so deurmekruis is soos myne na vandag. Die clutch sit links. En nee, as jy jou radio afsit, gaan die girl wat soos n hommelby in daai groot brille agter jou nie sien jy wil draai nie hoor…….. Ai ek dink ek het myself seker 80 keer n roomys kind genoem vandag. En dan lag ek whahahahaha uit my maag uit vir die kaskenades wat ek en myself nou op een dag kan aanvang. Die arme courier outjie het my baie weird aangekyk toe ek eers mooi moes dink wat skryf jy nou weer in daai blokkie wat sê “print name in full” ……. Eish, die marram drink vroeg…… Hahahahaha

Sulke dae is maak of breek dae. Ek kan in n hopie gaan sit en tjank, wat seker ook orraait sal wees, of ek kan die funny ha ha in dit sien. So asof ek in n schuster movie is, en ek speel n blerrie goeie hoofrol! Oscar ceremony stuff! Radio Raps kan kom leer man! Hahahahaha. En besides, om te tjank deur die dag, is donners moeilik, want jy kry nooit weer daai mascara stains tussen die plooie uit nie.

Maar soos ek gesê het, dis KONSENTREER op elke oomblik, om daai funny ietsie raak te sien. As jy vandag begin, is dit blerrie moeilik, maar oor 2 maande is dit sekondes, en oor n jaar is dit tweede natuur. Soos rook na ete. Kom vanself amper.

En nou kan ek wragtag nie onthou hoekom ek begin skryf het nie…. I kid you not. Nou al 5 keer weer die briefie gelees, en…… Blank canvas….. Soos die gaps in enige goeie kaapse klong se tanne…… So my punt is, ek weet nie. Seker be positive!!!!! Want ek maak nie kop of gat uit van my eie geskryf nie……

Mooi aand,

xxxxxxxxxx