Ek weet nie hoekom nie, maar ek reken ek het die k@kste luck as dit kom by shopping. Seker oor ek dit so verpes. Ek dink die mense wat daar werk ruik die vrees en target my altyd!!!! En as ek dan nou my gat wip, is almal mos doof en stom……. Ek kry altyd die parking in die son, en dan die trollie met die gestremde wiele. Ugh, en omdat ek so min in winkels kom, weet ek nooit waar steek hulle die donnerse goed weg nie. Niks is logies gepak nie. Ek verstaan nie hoe kom die mayonnaise op een rak, en die chutney 7 km verder nie?!?! Ek begin dink dis soos Truman show! Die bliksems weet wat ek wil koop, en trek die rakke weg en speel kat en muis met my. Teen die tyd wat ek soortvan het wat ek nodig het 238km later, sal my foon vir my so trotse boodskappie stuur omdat ek vir die eerste keer in weke my step  counter goal achieve het. As die simple ding maar net geweet het, oftewel verstaan het, dat ek hom meeste van die tyd in die bakkie toesluit, oor ons in freaking Suid Afrika bly, en terwyl hy lê en boggerol doen, hol ek my gat af! Letterlik! Ek het nie meer n boud nie man! Maar anyway, as ek nou klaar geshop het, en natuurlik 6 en n half jaar lank in die toue gestaan het, moet ek mos betaal. Die betaal pla my nie, maar die ongeskikte merrrim met haar dik bek né….. oegh. Hulle weier mos om te groet deesdae! Blerrie cheek!!!! “Bags” blaf  sy. Née eks net bietjie moeg. Die sakkies onder my oë is net van die jaar wat ek in jou winkel spandeer het. Sal bietjie ambeie salf smeer vanaand. Ja sakkies! Ek gaan NIE die goed twee vir twee in die huis indra nie! En née, ek het nie gebring nie, want ek vergeet dan my shopping lysie by die huis. “How many”. Foooooookkkkkkkk. Seker blerrie genoeg?!?! Dan smyt sy so paar daar tussen my groceries neer, en lui die res van my goed. Want ek moet mos pak?! Oh hell no!!!!!!! Roep jou manager. Haal die sakkies af. Ek is hardkoppig en halstarrig en sommer als hals genoeg om eerder SONDER dit te loop, as om die asshole wat doer staan en chat (dis nou tshepo die pakkkkkertjie) se werk te doen. En ek SAL NIE betaal vir daai 3 sakkies nie. Ek WEIER!!!!! Se moer. En die cherry op my baie frustrerende uitgebrande bitter koek, as die management daar kom en née, sy trap nie die dame wat so damn ongeskik is uit nie, ook nie n woord vir tshepo nie hoor, sy gee my net een van daai tong klap chappie snot spat geluide soos n Koi-San leier wat hom wip vir n volstruis of iets. I kid you not!!!!! Nou kyk, daar verloor ek dit!!!!! Bliksem die goed in trollie, gaan huistoe en scan daai slippie en stuur dit vir hul direkte manager, en die regional manager, en sommer die customer service email address ook! Net jammer ek kon net tshepo se naam onthou though……. maar ek glo ek sal van hulle hoor! Wat help dit? NIKS. Ek weet. Maar my woede dink dis reg en cool en justified.

En omdat ek nou nie als gekoop het nie, vergete lysie en frustrasie en gatvol vir skattejag agter shampoo aan en so, sal ek seker weeeeeeeeer  moet gaan. Ai. Kon ek nie maar op n plaas in die verlede gebly het nie? Self seep gekook en geëet wat daar is ens. Niks se ge shopping strond nie.

Klaar gerant dankie.

Mooi dag

Xxxxxx xxxxxx img-20161011-wa0044