Spinning or casting. Mono or braid. Wacky worm rig or drop shot. Poppers and swim baits……. Whahahahahahaha! Laat my dink aan daai ou Wimpy koffie advertensie: “I love it when you talk foreign .” Hierdie is darm nie meer vreemde goed nie, maar tips oor hoe om beter te fish het ek nie. Maar, daar is ander tips vir jou dag op die water wat dinge baie meer genotvol kan maak.

Ons pak gewoonlik kos wat ons sommer op die boot kan eet, want die seuns wil heel dag eet, en om te gaan braai mors n goeie paar uur wat jy dalk net daai vet vis in kon vang! Broodjies is lekker, maar nie met tamatie of kaas nie. Dit smelt en word pap en soggy en gross. Eerder iets met buns. Soos n koue vleis en mosterd, of hotdog met viennas. Pakke chips is lekker, maar vat n ziplock sakkie saam om weer te kan toe maak. Anders is pappa se boot netnou vol krummels, en sy bek lekker dik….. Sweeties moet ook mos maar gepak word, anders het jy niks om die terroriste mee af te pers nie. Niks met chocolate nie, want weereens, dit smelt, en in die koelerboks trek dit altyd water en dis net grillerig. Die mans hou baie van daai energy bars. Maak seker jy het genoeg water, ys, powerade, en dalk n koffie melkskommeltjie vir vroeg oggend. N fles koffie proe altyd disappointing so los eerder as n bederf by die huis. En as jy nou regtig oulik wil wees, pynpille en van daai anti-itch room. Daar is altyd iets wat iemand byt, en gewoonlik krap jy dan meer as fish vir die res van die dag. Onthou ook n ekstra sak vir die gemors, want as jy iets in die water gooi, gaan iemand dalk net jou boot afbrand! Moenie daai poeph@l wees nie asb.

Dan is daar n klompie vrae wat moet gevra word, maar mans is mos te trots. Die vrouens voel n veer, en vra sommer twee keer! Is die boot se proppe in? Moet jy kontant hê vir die hek, of is daar n kaart masjientjie? Is die tweede battery vir die trolling motor ook op die boot? Is die kinders se warm baadjies op? Is die net en skaal op? Is die trailer se een wiel geketting en geslot? Is die bakkie gesluit en is die sleutel op die boot? Sonbrandroom? Selfoon vir fotos van daai grote! En natuurlik, sonbrille en hoede en n buff vir die son en wind. Daai goed is eintlik blerrie oulik hoor. Ekt altyd gedink dis sommer vir die mooi-geid, maar as jy vroeg oggend met die boot ry, trek jy hom oor jou neus en mond, en dan haal jy baie makliker asem. En vir die kinders se ore in die wind help dit ook baie. En as dit warm raak, maak jy hom nat en trek hom oor jou kop onder jou hoed, en dan kan jy weer konsentreer op daai tik-tik-tik en kap!!!!!! En n lekker groot handdoek en kussing vir boetie as hy bietjie verveeld raak en wil lê. Nie n kombers nie, want dan kry hy warm en raak n moangat. Ek vat gewoonlik n tydskrif en iets soos daai psp goed saam dat hulle ook kan besig bly. Want n boot kan baaaaaaaie vinnig baie te klein raak as die seuns baklei, en pappa probeer om mamma se lure te red wat ALWEER iewers vassit……..

Dan moet jy jou bes probeer om kalm te bly as jy nou wel iets aan die lyn het, want die vet weet, die mans raak omtrend histeries, en weet nie wat om te skree en waar om te vat of los nie. Praat van oorreageer hehehehehe.

Verder is n dag op die dam baie lekker. Berei jouself net voor dat jy heeldag daar gaan wees, en niks sal kan piepie nie. As jy vrede daarmee het, is jy in vir n dag vol pret en lag en beautiful fotos wat wonderlike memories huisves. Hoop julle gaan ook braai dag op die water spandeer soos ons! Dit is nou al n jaarlikse tradisie, en ek sien vreeslik uit.

Mooi aand!!!!!

xxxxxxxxxxxxxx