Ugh…… Hierdie MS storie is ook nie aldag n blerrie grap nie hoor. Net as ek dink, ok, nou gaan dit goed, en begin sing in die gang en almal wat ek ken vertel hoe lief is ek vir hulle sommer net oor ek sooooo dankbaar is ek lewe, dan tref n dag soos vandag weer.

My pens hou NIKS van kos nie! En omdat ek so besig is, kom ek gewoonlik nie agter dat ek vir 2 of selfs 3 dae niks geeet het nie. Ek kan gladnie voel as ek honger is nie. Dink daai signals van die brein af is ook af gevreet. Al hoe ek weet ek moet nou iets eet, is wanneer my hande so bewe, dat ek nie my foon se kamera kan kry om te fokus nie (vir werk neem ek fotos van als), want ek bewe te veel. Ek try nou dink aan iets funny wat ek kon sê saam die “bewe soos n….” mar die brein is dood.

Dan sal ek nou eergister se oorskiet gryp of iets, en na die 5de hap begin spyt wees. Dis soooooooo freaking seer. My maag en derms klink of hulle die opening band by een of ander ondergrondse heavy metal konsert is, en met elke gorrrrrrr kom die donnerse krampe ook nog. Dan begin ek swel, en binne 15 minute lyk ek soos n pregnant palooka want ek rook mos. En dan kom die sweet en koors en warm gloede! Flippit! Dis asof ek gif in gekry het. Gewoonlik na so 3 of 4 ure begin als weer kalmeer, en kan ek weer cope vir so paar dae. Dit gebeur nooit met water of koffie of koeldrank nie. Net kos. En ek love kos! En ek het al probeer myself dwing om 2 keer n dag te eet, vir 9 dae aanmekaar, en dan raak dit net NOG erger, want my sisteem reken mos toilet toe gaan hoef net so een keer n week te gebeur. As ek lucky is……. En met die min eet, is pille drink ook maar moeilik, want ek wil nie graag my niere opdonner nie. Die arme lewer het genoeg gesuffer in my jong dae…..

Wens ek kan net van hierdie rollercoaster af klim vir n paar dae. Net n break vat. Soos n MS Free holiday. Maar waar sal die fun nou in dit wees ne?! Hehehehe.

Maar laat ek gaan werk. Die duiselig darm nie so erg vandag dat ek nie sal kan bestuur nie. Julle moet asb n awesome naweek hê! En eet maar n ou happie iets op my! Cheers!

 

Mooi dag,

xxxxxxxxxxxxxx