Jong, die man is die grootste prankster ooit. Hy is versot daarop om mense uit te vang en skrik te maak. Ek dink as my Ma n rand gehad het vir elke keer wat sy moes skree: Hou op jou sussies pes! kon sy nou al aftree.

Hahahahaha ek onthou hoe hy onder die vensterbank gestaan het tot my ma by die wasbak gestaan het, en dan vlieg hy op en sê iets soos Naand Miesies…… Ma gooi skottelgoed! Gil soos n mal ding! Praat vreeslike duitse woorde, en boetie lag sy gat af!!!!!

Ons het n klein poedeltjie gehad wat gestraf was met die ergste vorm van nuuskierigheid, en dan het boetie haar vasgehou aan die einde van die gang, en my gesê om haar te roep om die hoek. Dan as woefie nou histeries raak, los hy haar en sy spin met screeching tyres oor die teels om te gaan kyk wat gaan aan en dan lag boetie weer sy gat af!!!!!

So kry ek toe mos nou kindertjies, en dit was vir boetie groot pret! Soos om 80 keer n dag my ma te roep en te sê “hier lê water op die vloer en sussie lyk bietjie in pyn……” Weereens. Ma skrik en hol en vloek. Boetie lag sy gat af!

Hys vreeslik lief vir experiment en explore, en het altyd as ons gaan shop iets nuuts gekoop wat ons nie ken nie. Van vrugte tot kaas en als wat snaaks lyk of ruik. So koop hy die een keer percimone…… Dis so snaakse vrug ding. Donners sleg! Droog jou mond heeltemal op in milliseconds, so erg dat jou tong aan jou verhemelte vas gom. Natuurlik toe hy nou klaar vir ons gelag het, moet my arme seuntjie ook proe. Daai videos van kinders wat suurlemoen eet, is NIKS nie!!! Hahahaha lag boetie weer sy gat af!

Ok hierdie een het ek n stokkie voor gesteek, want ek dink dis bietjie rof op ons moeder se hart. Maar in my brein het dit klaar afgespeel. My 2de seuntjie is n paar wekies oud, en lê op die bank en slaap. My ma is vreeslik oor die kindertjies, en soos dit maar is, baie oor versigtig! My seker 10 keer gevra of baba nie gaan afrol nie…. Jong sussie, sit net n kussing agter sy rug en op die mat ook. Net daar begin my boetie se brein weer met sy streke, en ek dink die bak spaghetti in sy hand het daarmee gehelp. Hy reken ek moet baba in die kamer gaan sit, en die gips pop (ouma groot het baie decorative strond) op die grond sit dan smeer ons die tamatie en mince en spaghetti op die pop se kop…….. Hahahaha nou dit sou epic gewees het, maar boetie is darm nie so wreed nie. Maar die gedagte daarvan……. Lag boetie weer sy gat af!

Jare gelede was hy ook maar redelik sosiaal, en dan gaan kuier hy op die dorp saam die pelle. Dan sal hy my in die oggend ure wakker bel, en iets kwyt raak soos high jacking, of bar fight….en ek moet kom help! Ek skrik altyd en as ek buite kom om te ry staan hy voor die hek en…… Lag sy gat af! Dan sal ons koffie drink en gesels, en dan ry hy terug plaas toe. En die een keer het hy gebel en gesê hy is nie lus om plaas toe te gaan nie, hy gaan bietjie see toe. Hy sal fotos stuur van die strand. Foon af. Ek stres, wag tot die son net net op is, en bel vir ma wakker om te hoor of die wetter daar is…… Later bel hy en…… Lag sy gat af!!!!

Die slim mense sê mos oefening en lag gee jou endorphins, en dit laat jou goed voel en langer leef. Ek dink my boetie is nou al immortal. Nie van oefen, maar van lag!

Ek sê mos die Liewe Heer het n beautiful sense of humour, en toe gee Hy vir boetie n vrou wat vreeslik kan skrik….. Dink haar senuwees is permanent aan flarde shame.

Hulle kom Desember weer op die plaas kuier, en ek kan nie wag om te sien waarmee hy nou weer vorendag gaan kom nie! Hehehehe

Mooi aand,

xxxxxxx