Ek het myself nog altyd belowe dat dit wat ek nie verstaan van die lewe nie, ek nie veronderstel is om te verstaan nie, en ek eendag sal weet as ek daar Bo kom. Maar dit raak moeilik om nie vrae te vra nie. Om nie kwaad te word nie.

Ek sit in my kantoor, want ek het netnie die hart gehad om begrafnis toe te gaan nie, en toe kom al die bikes en karre verby gery van die kerk af. Ruk als in my tot stilstand, en ek tjank my keyboard sopnat.

Hy was/is so goeie seun! Net nou die dag klaar geleer en baba nog net n paar maande oud. Beautiful vroutjie. Altyd pligsgetrou en altyd die mooiste vriendelikste maniere. Gaan kuier saam vriende, en by die stop straat gestaan toe een of ander nerf*#~!!! hom dood ry. Net n dag voor sy 27ste verjaardag. Hoe moet n mens hierdie verstaan? Hoe verwerk mens dit? Hoe comfort jy sy pa wat so goeie vriend is as jy self nie woorde het nie?

Dit maak sommer n pophuis vol ander hartseer verhale ook oop van jong manne wat volgens my te vroeg weg is. My vriendinne wat nou weduwees is en kinders alleen grootmaak. Flippit dis seer. Hoe verstaan mens as jou maats in hul 20’s deur sulke goed moet gaan?! Want ek verstaan boggerol hiervan nie.

My go-to explanation is altyd dat hulle nou klaar is waar ons nog moet uitkom. Eind bestemming. En dat ons weer eendag sal gesels.

Ek het altyd vir hom gesê “soet wees Tiensie!” En dan wip hy hom met so skewe smile oor hy daai bynaam nie baie gelike het nie…….. Hom geken van hoërskool af. Stout seuntjie wat so mooi jong man geword het! Baie respek vir hom!

Ai oukie, hierdie tannie se hart is baie seer vir jou. En jou mense.

Omtrend een Lentedag wat ek nooit sal vergeet of wil oor hê nie!

 

Xxxxxxxxxxxx