Ok, ek het al sooooo baie geGoogle en op gelees en met Dr’s gepraat en ek gaan jou nou verduidelik hoe EK die damn siekte/virus/ffffop verstaan. Multiple Sclerosis/Veelvuldige Sklerose.

FBI & WeighLess Incorporated  Disease

Jou immuun selle is soos n FBI  span wat deur jou lyf hardloop en met n tiepe “tag reader” elke ander sel ondersoek en hom aanval as hy bietjie soos n roomys kind lyk. Nou my FBI mannetjies se tag readers is gebreek. So hulle attack sommer enige ou onskuldige selletjie wat verby kom. Shame, laat my dink aan hoe ‘n arme vissie moet voel. Die arme goed is seker al te bang om enige iets te probeer eet, want die kans is goed dat jy dan aan die bek geruk gaan word en vir die volgende 3 minute ‘n celebrity op n fotosessie word en “snap crackle & pop” is jou fame verby en darm weer terug in die water. Maar anyway, so dan mission hierdie FBI outjies oral op en af en maak stront.

Nou gewone mense se immuun selle kan nie in die rigmurg of brein in neuk nie, want daar is n filter wat hulle keer. Myne, on the other hand, wals deur die filter soos n dassie op n berg. Te vrolik. ENNN dan word hulle nog ge”upgrade” met n bestuurspos by WeighLess ook.

Jou brein is mos vol krag/elektriese draadjies (sommige mense s’n spark laaaankal nie meer so lekker nie) en om te keer dat die drade aan mekaar raak, is daar ‘n vet lagie om elkeen vir beskerming. Nou hierdie MS virus vreet gate in die vet lagie, (want vet is mos n probleem, en WeighLess sê dit moet weg) en dan  raak die drade aan mekaar en soos met enige elektriese ding is dit nie so goed nie. Die rook kom dan uit. Stukkend. Nou die avontuurlustigheid van hierdie virus maak my vreeslik opgewonde, so entertaining hoor. Darm nie elke dag nie, maar soms word jy wakker en sien/voel op watter plekkie die MS gaan middernag fees vreet het op jou brein. Dit kan wees in die gedeelte waar jou spraak lê, en dan klink jy soos n zolbegolde tequila suiper vir so dag of wat. Of waar jou brein vir jou lyf orders uitdeel en dan vergeet jou been of voet of iets hoe om te loop. Soos n hardkoppige donkie-tiener wat verlief is, en geleer het vir die toets, maar jy slaan n blank.

Ek is baie gelukkig en geseënd, want oral (amper oral) waar my vetjies in die brein nou al geWeighLess is, is darm nie heeltemal uitgebrand nie, en die lyf verstaan darm nog van herstelwerk doen. So al die foute en dinge kom na ‘n dag of ‘n week weer reg. Ander mense is nie so gelukkig nie.

Dan is daar die pyn. Die pyyyyyyyyyn. Die bloedstollende pyyyyyn (Ella van Vetkoekpaleis) Maar dit sal ek later oor moan. Ooooooh en ek moan graag. Hehehehehe

Alle grappies op ‘n stokkie, is dit nie elke dag vreeslik prettig nie, en dis iets wat maar altyd in die agterkop knaag, maar gelukkig is ons lewens van vandag so besig en gejaag en propvol ander dreigende disasters, dat dit ook nou nie als oorskadu nie.

Ek het ‘n mal soos hase familie wat my op die hande dra en ondersteun en eindelose genot verskaf. En ‘n man en 2 seuns uit die boeke uit! Kon nie vir beter gewens het in my wildste drome nie. En my vriendinne is elkeen n belt onder die hart! En ons vriende is net so amazing.

Die beste wat jy kan doen vir iemand met MS, is om net kontak te bly hou. Ek moet baaaaaie dinge kanselleer op nommer 99, omdat ek dan met een of ander skeet of pyn of duiseligheids aanval sit. Dis nie aspris nie. En wees fun, en lig en ‘n pick-me-up. Maak grappies en LEEF. En sê asb “ag shame” en “ek kry jou jammer” en sulke goedjies as ek af is, maar moet ASB nooit skuldig voel nie! Nie oor my lewe nie, en ook nie joune nie. Jy het dit mos nie vir my bestel van die lewens-menu af nie. En jou lewe het ook maar sy probleme en hartseer en stress, so moenie jou geluk en staaltjies en verhaaltjies terug hou oor jy bang is ek gaan jaloers wees of so iets nie. Deel. En vra my as jy hulp nodig het. Daar is niks wat my ‘n groter gatkramp gee (wat baie pynlik is nou met die raspberries om die hol) as wanneer my mense die “jyt genoeg op jou vurk, ek wil jou nie pla nie” ding doen. Ek is nogsteeds ek, en ek WIL help. WIL deel wees. WIL saam speel.

So eintlik is ek orraait. Meer as orraait, en ek dink steeds: liewer ek as iemand anders. Want ek wens dit obviously  vir niemand anders nie, en ek het wonderlike seëninge en ‘n propvol lewe wat hierdie MS soos ‘n eerste puisie op n meisie se neus laat lyk. Dis eintlik niks, al het ek en sy aanvanklik gedink dis die einde………Dis net die begin! Watch this space! Winter is rof, maar Somer is mos nou hier. Daa vat hy!!!  (jonathan) hiehiehie

Ek moet regtig nou gaan kos maak voor my jongste leeu-welpie my been begin kou!

Mooi aand,

xxxxxx